Ma en dogter verdrink by Port Shepstone

Deel hierdie storie / Share this story

‘n 47-jarige vrou en ‘n vyfjarige meisie het glo in die see by Port Shepstone, KwaZulu-Natal verdrink.

Lede van die soek-en-reddingspan van die polisie, asook die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), is Saterdag 27 Augustus na die Preston-strand ontbied waar twee mense verdrink het. 

Volgens ‘n verklaring deur die polisie het ’n ma en haar dogter geswem toe die voorval plaasgevind het.

’n Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.