Onthou jy vir Leo Prinsloo? Laat weet ons wat jy van hierdie video dink

Deel hierdie storie / Share this story

Leo is bekend vir die “kom jou k*nt”-video wat soos ‘n veldbrand tydens ‘n gefnuikte transitorooftog op sosiale media versprei het. In die video verkeer hy en ‘n kollega onder vyandelike vuur, as skurke se potensiële slagoffers.

Met Leo se intense opleiding en adrenalien wat ingeskop het, het daar geen misdaad plaasgevind nie en is hy deur menige bestempel as Suid-Afrika se eie Chuck Norris.

Nou maak Leo sy verskyning in ‘n komiese opleidingsvideo van The Courier Guy waarin afleweringspersoneel geleer word om hulself te beskerm.

Die intriges met woorde is onmiskenbaar.

#Brakpanhand #PK #Boxhimunstable #hithimwithawaybill is die hutsmerke saam met die advertensie.

Kyk hier na die video:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel