Vier in die hospitaal ná veelvoertuigongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Vier mense is beseer toe vier voertuie Dinsdagoggend in Onderstepoort in die noorde van Pretoria gebots het, berig Rekord.

Die botsing het op Soutpanweg, naby die Onderstepoort- veterinêre akademiese hospitaal, gebeur.

‘n Taxi, ‘n vragmotor en twee klein motorvoertuie was betrokke, volgens Ambu-Link se operasionele bestuurder van mediese nooddienste, Albert van Nieuwenhuizen.

Albert sê die presiese omstandighede van die ongeluk is onduidelik.

Hy sê mense is op die toneel behandel en deur ‘n ander nood- mediese diens na ‘n hospitaal vervoer.

“Gelukkig het niemand kritieke beserings opgedoen nie,” het hy gesê.

“Al vier van hulle het matige beserings opgedoen.”