Só lyk die jongste data vir die brandstofprys

Deel hierdie storie / Share this story

Goeie nuus is dalk in die vooruitsigte vir motoriste met die jongste data van die Sentrale Energiefonds (CEF) wat daarop dui dat ‘n daling in brandstofpryse (gegrond op oorverhalings) op Woensdag 7 September verwag kan word:

  • 95-oktaan-petrol: Daal met R2,28 per liter;
  • 93-oktaan-petrol: Daal met R2,11 per liter;
  • 0,05%-swael-diesel: Daal met R1,03 per liter;
  • 0,005%-swael-diesel: Daal met R0,93 per liter; en
  • Paraffien: Daal met R0,93 per liter.