Jy gaan nooit weer ander mousse eet nie! Probeer hierdie maklike resep vir sjokolademousse.
Metode:
Klits een houertjie Orley Whip styf.
In ‘n ander bak, klits een blik karamel-kondensmelk, asook
1 pakkie sjokolade-kitspoeding in ½ koppie melk.
Wanneer goed gemeng, vou styfgeklitste Orley Whip in.
Rasper Peppermint Crisp bo-oor.
Bron: Die Poeding Klub, Suidwesters Kan Lekker Kos Maak, Facebook
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



