Die koalisievennote in die Ekurhuleni-metroraad, waarvan die VF Plus deel is, het Saterdag ook buite die raadsaal hande gevat en ʼn blikskud-geleentheid by die Carnaval Mall in Brakpan aangebied.
Die doel van die blikskud was om geld in te samel vir die aankoop van ʼn bakkie vir die dierebeskermingsvereniging (DBV) in Brakpan.
Die VF Plus het R7 243.45 as bydrae vir die aankoop van ‘n bakkie ingesamel.
Die DBV het self ook ingespring en ʼn bedrag van R4 272.40 geïn..
Die bedrag plaas die DBV op dreef om sy doel te bereik.
Die DBV het sy dank uitgespreek teenoor al die partye wat bereid was om te help.
Die VF Plus sê hy is besorg oor die welstand van diere en ondersteun graag projekte van organisasies wat hul hiervoor beywer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



