‘n Blitsskare (flash mob) het gister pendelaars van die Gautrein en omstanders tot groot vermaak op dans trakteer.
Hierdie is ‘n voelgoed-oomblik wat op kamera vasgevang is.
Kyk hier na die video van Hungani Ndlovu wat die Gautrein op hul Facebook-blad gedeel het:
The Good Things Guy het die volgende op hul Facebook-blad en webblad gedeel:
“‘n Goep Suid-Afrikaanse dansers het pendelaars van die Gautrein verras met ‘n blitsskare-dansvertoning. Dit het eers gelyk soos ‘n enkel optrede, maar toe het die skare deelgeneem en kort voor lank het almal saam gedans.”
“Die prettige, sorgrvrye dans het glimlagte gebring na mense oor die wêreld wat ons herinner het dat ‘n enkele lied en dans hoop kan laat opvlam.”
Kyk hier na die video in die plasing:
“Om na die vreugde te kyk, kan moontlik ‘n traan in die oog veroorsaak. Die video het beslis die reënboognasie van Suid-Afrika saamgebring.”
“Die blitsskare se optrede het met Jerusalema geëindig en natuurlik het toeskouers wat die dans ken, deelgeneem.”
“Het jy al ooit ‘n blitsskare in aksie gesien? Hierdie is so ‘n goedvoel-video, en ons hoop dat dit jou dag sal ophelder soveel soos wat dit vir ons gedoen het!”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



