Maklike hoenderpastei

Deel hierdie storie / Share this story

As jy jou skoonouers wil beïndruk, is hierdie hoenderpasteiresep vir jou.

Bestanddele:

1 groot hoender of 2 kg hoender – afgekook en gevlok

250 g gram spek (opsioneel)

hoenderspeserye, fyn naeltjies, knoffelvlokkies, peper en sout

1 of 2 uie gekap

250 g sampioene in skyfies gesny

1 pakkie hoenderroomsoppoeier

1 pakkie chicken a la king – cook in sauce

1 koppie veggie mix

750 ml  melk – meng die pakkie chicken a la king en hoendersop daarmee

1 pak voorbereide blaardeeg (puff pastry)

Metode:

Braai uie, spek en sampioene. Voeg die groente by en roerbraai vir so ‘n rukkie. Voeg die melk met sopmengsels by en laat net effe kook – voeg die speserye en hoender by. Kook tot dik. Voeg nog melk by indien jy sien die mengsel is te dik of ‘n bietjie meel as jy sien die mengsel is te dun.
Plaas in gesmeerde bak, sit puff pastry oor en bak in vooraf verhitte oond vir 30 tit 45 min. by 180 ° C of tot ligbruin.

Bron: Kreatiewe Kos Idees

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Pynappel-yskastert