300 miljoen mense het al die Eiffel-toring besoek

Deel hierdie storie / Share this story

Vandag 29 jaar gelede op 30 Augustus 1993 het die ikoniese Eiffel-toring in Parys, Frankryk, sy 150-miljoenste besoeker gekry. Vandag staan die syfer al op meer as 300 miljoen.

Die meeste besoekers aan die toring is internasionale toeriste, maar op hierdie dag 29 jaar gelede was die Parysenaar, Jacqueline Martinez, die 150-miljoenste besoeker. Vir dié mylpaal het sy ‘n splinternuwe motor gekry.

Ongeveer 7 miljoen mense, tot 8 000 per dag, besoek jaarliks die toring.