Vyf dood toe polisie se vastevlerk by Randse lughawe neerstort

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vastevlerk Pilatus PC-6 Porter van die Suid-Afrikaanse Polisiediens het om 14:30 vanmiddag by die Randse lughawe in Germiston opgestyg en kort daarna neergestort.

Vyf insittendes en die vlieënier was volgens kol. Athlenda Mathe aan boord.

Vyf van die insittendes het gesterf, waarna ‘n sesde insittende, die vlieënier, in kritieke toestand deur ‘n Rocket HEMS-helikopter na die Netcare Alberton-hospitaal geneem is.

Owerhede is op die toneel om vas te stel wat die oorsaak van die ongeluk was.

Die besonderhede van die oorledenes sal vrygestel word wanneer hul naasbestaandes in kennis gestel is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel