Vyf vas vir vermeende besigheidsroof

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie op Fordsburg het vyf verdagtes op 26 Augustus in hegtenis geneem vir ‘n vermeende besigheidsrooftog. Een van die verdagtes is vroulik.

Volgens kol. Xoli Mbebe, polisiewoordvoerder, het die verdagtes glo ‘n hubbly bubbly-winkel beroof. Hulle het voorgegee om klante te wees, die eienaar glo met ‘n vuurwapen gedreig en met ‘n onbekende som geld gevlug.

Die verdagtes verskyn vandag in die Johannesburgse landdroshof.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel