Meer as 1 000 persone die naweek in Gauteng in hegtenis geneem

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Gauteng het die afgelope naweek meer as 1 000 persone in hegtenis geneem vir verskeie vermeende misdade.

Kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, sê ongeveer 400 van die verdagtes is in Johannesburg vasgetrek. Die verdagtes is op verskeie aanklagte soos verkragting, moord, aanranding, huisbraak en diefstal in hegtenis geneem.

Daar is 454 persone in die Ekurhuleni-distrik, 253 verdagtes in die Tswane-distrik, 211 in die Wesrand-distrik en 69 in die Sedibeng-distrik aangekeer.

Sommige verdagtes is met boetes vrygelaat en ander verskyn vandag in die hof.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel