Biltong-en-kaaspoffertjies

Deel hierdie storie / Share this story

Hier is ‘n lekker resep vir biltong-en-kaaspoffertjies.

Bestanddele:

1 rolletjie puff pastry

2 k biltong fyn gesny

1 k gerasperde kaas

2 groot geklitste eiers

1 k melk

2 t tiemie fyngekap

sout en swart peper

Metode:

Spuit jou muffinpannetjies met Spray & Cook.

Sny sirkels uit deeg en plaas in muffinpan.

Meng biltong, eiers, kaas, melk en speserye saam.

Skep lepels vol deeg in die vormpies en bak vir 20 tot 25 minute teen 180 °C tot goudbruin.

~ Die Poeding Klub, Tanja Van Der Merwe, Resepte vir oud en jonk

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel