Die polisie in Mpumalanga is op soek na ‘n 29-jarige manlike verdagte wat op 25 Augustus uit aanhouding ontsnap het.
Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het Karabo Chiloane uit die aanhoudingselle by die Emakhazeni-landdroshf ontsnap toe hy die dag in die hof moes verskyn.
Chiloane is in November 2020 in hegtenis geneem vir verskeie aanklagte soos poging tot moord, kaping en besigheidsroof.
Gevangenes is van die Middelburg-tronk na die hof geneem vir hulle hofverskynings toe Chiloane, sonder dat die polisie dit opgemerk het, in ‘n konsultasiekamer langs die sel ingegaan het.
Toe die polisie hom later wou gaan haal vir sy hofverskyning, het hulle opgemerk dat hy nie meer daar is nie.
Voorlopige ondersoek dui daarop dat ‘n slot van een van die veiligheidshekke ook vermis is.
Enigiemand met inligting kan die polisie by 086 600 10111 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



