Maklike jêmtertjies

Deel hierdie storie / Share this story

Hier is ‘n lekker resep met min bestanddele vir ‘n heerlike jêmtertjie.

Jy benodig

1 rol skilferkorsdeeg (puff pastry)

appelkooskonfyt

1 eier, geklits

So maak jy

Rol die puff pastry uit na dubbel die grootte.

Sny sirkels uit die deeg (gebruik sommer ‘n omgekeerde koeldrankglas).

Sit ‘n halwe teelepel appelkooskonfyt in die middel van elke sirkel en vou toe.

Druk die kante met ‘n vurk vas.

Smeer met geklitste eier en bak teen 180 °C vir 10 – 15 minute of tot goudbruin.

Wenk: Moenie te veel appelkooskonfyt insit nie, anders kook dit uit.

BRON: Kampvuur Kuier, Facebook

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel