Die jongste data van die Sentrale Energiefonds (CEF) dui aan dat die volgende daling in brandstofpryse (gegrond op oorverhalings) op Woensdag 7 September verwag kan word:
- 95-oktaan-petrol: Daal met R2,29 per liter;
- 93-oktaan-petrol: Daal met R2,13 per liter;
- 0,05%-swael-diesel: Daal met R1,26 per liter;
- 0,005%-swael-diesel: Daal met R1,17 per liter; en
- Paraffien: Daal met R1,14 per liter.
Die bogenoemde data is op 25 Augustus vasgestel.
Dit sal na verwagting die tweede opeenvolgende daling vir die jaar wees.
Die bogenoemde data is slegs ’n aanduiding van hoe brandstofpryse sou daal, indien dit vandag vasgestel word.



