Niel en Chereze Bruwer, van die kykNET-werklikheidsreeks Boer Soek ‘n Vrou, het ouers geword.
Die paartjie, wat in seisoen 13 van die program ontmoet het, is ‘n bewys om ‘n kans op liefde te waag, is beslis nie ‘n slegte idee nie.
Catrine Elizabeth is Woensdag in die Mediclinic Worcester in die Wes-Kaap gebore.

Die paartjie het in Februarie vanjaar op sosiale media bekendgemaak dat hulle ouers gaan word.



