Dwelms ter waarde van R800 000 gekonfiskeer

Deel hierdie storie / Share this story

Die Valke in Belville het Donderdag dwelms ter waarde van R800 000 gekonfiskeer en ‘n 40-jarige verdagte langs die N1-hoofweg in hegtenis geneem.

Zinzi Hani, polisiewoordvoerder, sê die span het reageer op inligting wat hulle ontvang het oor ‘n voertuig wat na Kaapstad op pad was met ‘n vrag dwelms. Die voertuig is op die N1 naby die Goodwood-tronk voorgekeer en deursoek.

‘n Totaal van 20 000 Mandrax-tablette is in die voertuig gevind. Die tablette en die voertuig, ‘n silwer Toyota, is gekonfiskeer.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel