Drie manlike verdagtes is Dinsdag in West End in Kimberley in hegtenis geneem na hulle glo in die besit van ‘n plofbare toestel gevang is.
Sers. Dikeledi Gopane, polisiewoordvoerder, sê twee polisiebeamptes was Dinsdagoggend om 03:20 besig met patrollie toe hulle op ‘n verdagte VW Polo in Greenstraat afgekom het.
Die voertuig is deursoek en ‘n mes, balaklawas, twee selfone en die toestel is gekonfiskeer.
Die drie verdagtes is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die hof in Kimberley verskyn.



