Sylvester Stallone (76) se vrou van 25 jaar, Jennifer Flavin (54), wat 22 jaar jonger as hy is, het hom volgens die Daily Mail in Palm Beach County, Florida vir ‘n egskeiding gedagvaar.
In die hofdokumente wat deur Daily Mail verkry is, beskuldig sy die akteur dat hy huweliksbates wegsteek. Voorts word in die artikel gesê hy het ‘n tatoe van haar gesig op sy regterbiseps deur dié van sy hond Butkus, die bull mastiff van die film Rocky, vervang.
In ‘n Instagram-plasing op 10 Augustus het Flavin ‘n foto geplaas van haar en hul drie dogters en gesê: “Hierdie meisies is my prioriteit. Niks anders maak saak nie. Die vier van ons vir altyd.”
Dit blyk asof sy nie meer haar man op Instagram volg nie . Verder gaan sy volgens dokumente haar nooiensvan terugneem.
Sylvester het in ‘n verklaring aan Daily Mail gesê: “Ek is lief vir my familie. Ons verkeer vriendskaplik en privaat om hierdie probleme aan te spreek.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



