Upingtonse psigiatriese pasiënt vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die 28-jarige Gert Meyer, ‘n psigiatriese pasiënt van Upington, is sedert Maandag vermis. Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om te help om hom op te spoor.

Sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, sê Meyer is Maandag laas gesien toe hy in Middelpos rondgeloop het.

Enigiemand met inligting kan AO Nelille Rich by 082 785 0637 kontak.