Ervaar jy ook ‘glitches’ met Facebook?

Deel hierdie storie / Share this story

Ervaar jy probleme met jou Facebook-profiel? Facebook-gebruikers het wyd wanfunksie (glitches) op die gewilde sosialemediaplatform aangemeld.

Gebruikers sê verskeie lukrake plasings, onder andere dié van bekendes wat hulle nie op die platform volg nie, verskyn op hulle stroom (feed).

Facebook het nog nie ‘n amptelike aankondiging in dié verband gemaak nie, en daar is ook nie aangemeld dat die platform wel deur kuberkrakers oorgeneem is nie.

Ervaar jy ook probleme met Facebook?

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel