YouTube verban ook Andrew Tate

Deel hierdie storie / Share this story

Andrew Tate is nou van Facebook, Instagram, YouTube en TikTok verban omdat hy die onderskeie platforms se beleid bly oortree.

Die voormalige skopbokser is bekend vir sy aanvalle op vrouens en die kommentaar wat hy maak soos dat vrouens verantwoordelikheid moet neem daarvoor as hulle “seksueel aangerand” word.

Noudat hy verban is op YouTube, sal hy nie weer ‘n “kanaal” kan oopmaak op hulle platform nie.

Een van sy rekeninge is ook op TikTok verban omdat hy hulle beleid oortree het.

Bronne: BBC, Daily Mail, Metro

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Andrew Tate verban van Facebook en Instagram