Polisiespeurders op Knysna doen ‘n dringende beroep op die gemeenskap om te help om die vermiste Granville Leen (51) op te spoor.
Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê Leen het sy werk, ‘n koerierdiens, verlaat en nooit by die huis opgedaag nie.
Sy familie kon hom nie opspoor nie en het hom as vermis aangemeld.
Die maatskappyvoertuig waarmee hy gery het, is verlate op die N7 naby Garies gevind.
Enigiemand met inligting kan die polisie by 044 302 6652 kontak.



