Vytjie Mentor, ‘staatskaping-fluitjieblaser’ sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Vytjie Mentor van ActionSA is in die ouderdom van 58 oorlede.

Sy is meer bekend as die eerste van die fluitjieblasers wat staatskaping ontbloot het.

Vytjie was van 2002 tot 2014 deel van die Nasionale Vergadering waar sy die ANC verteenwoordig het. Tussen 2004 en 2008 was sy die party se koukusvoorsitter. Van 2009 tot 2010 was sy die voorsitter van die portfoliokomitee vir openbare ondernemings en van 2019 tot 2020 was sy betrokke by die ACDP, maar het in 2020 by ActionSA aangesluit.

Ook geken as Mabel Patronella Mentor, gebore op 19 Oktober 1963, is sy die skrywer van die boek No Holy Cows: Moments in My Political Life: 2002-2017.

Lees die verklaring van Herman Mashaba, leier van ActionSA hier:

“ActionSA has just learned of the passing of Vytjie Mentor and extends its most heartfelt condolences to the Mentor family for their loss.

Vytjie had been ill for some time and this morning her family called to inform us that she had succumbed to her illness after being hospitalised for several months.

It should not be forgotten that Vytjie Mentor was the first to sound the alarm on what we today call “state capture”.

She also served as a member of parliament from 2002 to 2014 before joining ActionSA as its provincial chairperson in the Western Cape. She was a true patriot who served her country even in the face of criticism.

We will keep the family and friends of Vytjie in our thoughts and prayers and ask that her loved ones be given the privacy to grieve during this time.

May her soul rest in peace.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel