Witdoodshaai spoel op Hartenbos-strand uit

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens Christiaan Stopforth van die Facebook-blad Drone Fanatics S het hy gerugte ontvang van ‘n witdoodshaai se karkas wat naby die strandmeer op Hartenbos uitgespoel het.

Christiaan het vir twee dae na witdoodshaaie in die omgewing gesoek.

“…en toe gebeur hierdie. So hartseer om so ‘n ongelooflike majestueuse dier te sien waar hy leweloos lê.”

Fotokrediet Drone Fanatics SA

In wat Christiaan beskryf as ‘n hartseer dag vir Hartenbos en Mosselbaai, lyk dit asof orkas (killer whales/ moordwalvisse) teruggekom het en vir die tweede keer in twee maande chaos gesaai het.

Die karkas is verwyder waarna Christiaan later gistermiddag ‘n suidelike regterkantse walvis (southern right whale) wat deur die golwe breek reg van voor op Hartenbos kon afneem.

Op 13 Augustus het hy ‘n video geplaas waarin orkas ‘n witdoodshaai doodmaak, die eerste bewyse dat orkas witdoodshaaie doodmaak.

Hy het hierdie video aanvanklik op 16 Mei verfilm.

“Dit het alles begin waar hulle (die orkas en witdoodshaai) eers net rondgespeel het, afduik en weer deur die oppervlak breek 50 m van waar hulle eers was. Hulle (orkas) het opgekom met die witdoodshaai in hul monde.”

“Hierdie was vir my besonders moeilik om nie te deel nie, maar ek moes dit ‘n geheim hou. Marinebioloë het aan my gesê dis nog nooit verfilm of vantevore gesien nie en dat dit die eerste keer is dat daar ‘n opname is van bewyse dat orkas witdoodshaaie doodmaak.”

Besoek die blad vir video’s van die karkas en die jag.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel