Beloning vir inligting van verdagte

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Beloning van R50 000 is aangebied wat kan lei tot die arrestasie van die verdagte wat Marietha Willemse (79) vermoor het.

Willemse is op 4 Junie by haar huis op die spoglandgoed in Mosselbaai, Pinnacle Point, vermoor.

Haar man, Johannes (87) het die aanval oorleef en slegs ‘n paar steekwonde gehad.

Die egpaar se dogter, Miah Heur, is desperaat om haar ma se vermeende moordenaar, Clement Siabata Kholoane, te vang. Hy het glo tuinwerk vir die egpaar gedoen ten tye van die moord.

Volgens kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, is Kholoane met die moord verbind deur vingerafdrukke wat op die toneel gevind is.

Daar word vermoed dat Kholoane in Bloemfontein skuil of terug Lesotho toe is.