‘n Tweejarige meisie het as die wenner uit die stryd getree toe ‘n slang besluit het om haar te byt.
Die meisie was besig om op 10 Augustus by haar huis in Turkye te speel toe haar geskree die bure laat onraad vermoed het. Toe hulle by haar aankom, het hulle haar gekry met ‘n slang tussen haar tande en ‘n bytmerk op haar lip.
Daar is met die meisie na die Bingol-kinderhospitaal gejaag waar sy vir 24 uur waargeneem is. Sy is reg vir ontslag verklaar.
Die slang is wel dood.
Volgens plaaslike media was die kleuter besig om met die slang te speel toe dit haar byt en sy besluit het om terug te byt. Die kleuter se byt was dodelik.
This baby’s a BEAST.
— Persuasive (@Datoineblaze) August 14, 2022
“Vengeful toddler sinks teeth into snake and kills it in revenge attack after animal bit her on the lip” https://t.co/vSQTDWqRnt
Bronne: The Science Times, Yahoo, Twitter, India Times
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



