Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (GKS) in Galeshewe is op soek na ‘n onbekende verdagte wat glo na bewering ‘n 25-jarige slagoffer in die Club Vibes te Madalanestraat Galeshewe seksueel aangerand het
Die publiek word versoek om te help met die identifisering van ‘n verdagte deur ‘n identikit wat vrygestel is.
Die verdagte het glo die slagoffer genader en met sy hond, wat by hom was, gedreig. Die slagoffer was bang vir die hond en het toegegee aan die eise van die verdagte.
Die verdagte is lig van gelaat, slank gebou, het goue tande en het Afrikaans gepraat.
Enige persoon met inligting wat kan help om hierdie verdagte aan te keer, kan die ondersoekbeampte sers. Tanya Serfontein kontak by 084 446 6918 of 08600 10111 of deur die MYSAPS-toep.
Enige inligting sal vertroulik hanteer word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



