Seksuele misdade het tussen April en Junie vanjaar met 800 gevalle afgeneem.
‘n Totaal van 9 516 verkragtings is aangemeld en het ‘n afname van 4,9% of 500 gevalle getoon. Dit is volgens die kwartaallikse misdaadstatistiek, wat vanoggend deur die minister van polisie, Bheki Cele, bekend gemaak is.
Aanranding met die doel om ernstig te beseer, het ‘n afname van 7% getoon.
Wat moord betref, is 6 424 moorde in dié tydperk aangemeld. Moord het met 11,5% of 664 gevalle toegeneem. In dieselfde tydperk is 18 polisiebeamptes vermoor.





