Cosatu ‘gereed vir nasionale stilstand’

Deel hierdie storie / Share this story

Die vakverbond Cosatu beplan dié week ‘n landswye staking oor die stygende lewenskoste in die land.

Die nasionale stilstand wat vir Woensdag beplan word, is in reaksie op die sosio-ekonomiese kwessies wat deur die land in die gesig gestaar word, soos beurtkrag, misdaad en brandstofpryse.

Cosatu sê hy is gereed vir die nasionale stilstand.

Cosatu-president, Zingiswa Losi, en ander lede van die komitee sal Woensdagoggend om 09:00 by verskeie punte in die land bymekaarkom.

Cosatu noem beurtkrag, brandstofprysstygings, styging in voedselkoste, werkloosheid en armoede as redes vir die staking.

Cosatu het ‘n beroep gedoen op werkers om deel te wees van die staking, nie werk toe te gaan nie en deel te raak van die optogte in die verskeie provinsies.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel