Die model Linda Evangelista is vir die eerste keer in amper ‘n jaar weer in die kollig toe sy op Vogue se voorblad verskyn het nadat ‘n kosmetiese behandeling “verkeerd geloop” het.
Kleefband en rekke word gebruik in die foto’s om haar gesig, kakebeen en nek terug te trek om die probleme wat deur ‘n vetvriesprosedure veroorsaak is, weg te steek.
Die behandeling wat sy ondergaan het, was om vet te vries sodat dit minder raak, maar pleks van minder raak, het die vet meer geraak.
Sy het die maatskappy wat verantwoordelik was vir die behandeling gedagvaar en die regsgeding is geskik.
Bronne: BBC, Wales Online, Daily Mail
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Vatikaan weier om aantygings van seksuele wangedrag te ondersoek



