Terapeut kritiseer ouers wat kinders bang maak met TikTok-filters

Deel hierdie storie / Share this story

Een van die nuutste TikTok-giere is ouers wat hulle kinders in ‘n kamer sonder hul ouers toesluit, met hulle fone en ‘n filter klaar aangeskakel.

Die filter maak dat ‘n geanimeerde blou spook met rooi oë skielik op die skerm verskyn. Meeste kinders hardloop dan skreeuend na die deur toe om weg te kom.

Dis vir baie mense vreeslik snaaks, maar ander mense het hulle kommer uitgespreek oor wat dit aan die kinders, van wie die meeste laerskool-ouderdom of jonger is, se emosionele welstand kan doen.

‘n Gelisensieerde terapeut het gepraat oor hoe skadelik die gier is en dat ouers basies hulle kinders traumatiseer vir views.

Bronne: Jacaranda FM, NY Post, TikTok

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Nuutste TikTok-neiging ‘quiet quitting’ rebelleer teen korporatiewe kultuur