VSA-pastoor beledig kerk na hy nie luukse horlosie kry nie

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Pastoor van Missouri moes om verskoning vra nadat hy sy gemeente beledig het omdat hulle nie vir hom ‘n luukse horlosie gekoop het om hom te “eer” nie.

Op 7 Augustus het ‘n video uitgelek waarin pastoor Carlton Fenderburke tydens ‘n preek sy gemeente beledig en praat oor hoe hulle te arm is om vir hom die Movado-horlosie te gee waarvoor hy al maande lank wag.

Die pastoor het die week in ‘n video gesê dat hy jammer is oor wat hy gesê het, maar dat die oorspronklike video uit konteks verstaan is.

Bronne: Business Insider, Daily Mail, TikTok

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Government meeting next week to discuss lifting state of disaster – Phaahla