Vatikaan weier om aantygings van seksuele wangedrag te ondersoek

Deel hierdie storie / Share this story

Die Vatikaan het gesê daar gaan nie ‘n ondersoek wees oor die aantygings van seksuele wangedrag teen ‘n Kanadese kardinaal nie, omdat daar nie genoeg bewyse is nie.

Die Kanadese kardinaal, Marc Quellet, is een van 80 kardinale wat in ‘n siviele hofsaak in Quebec van seksuele aanranding beskuldig word.

‘n Voormalige “intern” het gesê hy het haar by openbare geleenthede tussen 2008 en 2010 betas. Sy het glo ‘n klagte direk by die Vatikaan ook ingedien in 2021, maar hulle het Donderdag gesê hulle gaan dit nie ondersoek nie.

Meer as 101 mense het vorendag gekom in die siviele hofsaak teen die Vatikaan om te sê hulle is deur lede van die “geestelikes” seksueel aangerand.

Bronne: BBC, The Star, National Post

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Menslike oorskot in tasse, Nieu-Seeland, was twee klein kinders