Sestienjarige op pad skool toe vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die sestienjarige Tarrin Kaylee Davids is sedert 17 Augustus vermis toe sy by die huis weg is op pad skool toe en nooit by die skool opgedaag het nie.

Volgens Renegades Search & Rescue het Davids om 08:20 die oggend van 17 Augustus haar huis verlaat om met ‘n bus tot by haar skool in Parktown, Johannesburg, te ry.

Sy het nooit by die skool opgedaag nie en sedert haar verdwyning nog glad nie met vriende of familie kontak gemaak nie.

Sy het ‘n skooluniform – ‘n donkerblou romp, wit hemp, donkerblou trui met kolle en ‘n beige skoolbaadjie – aangehad.

Enigiemand met inligting kan speurder Ndlovu by 082 822 6740 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel