Slapdeegvetkoek

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Maklike resep vir slapdeegvetkoek wat jy sommer met kaas en heuning kan voorsit.

Bestanddele:

• 250 ml koekmeel

• 15 ml bakpoeier

• 20 ml suiker

• 5 ml sout

• 2 eiers

• 125 ml melk

• sonneblomolie vir diepbraai

Metode:

Plaas al die bestanddele behalwe die olie vir diepbraai in ’n mengbak. Meng saam tot slap deeg vorm.

Verhit olie tot medium-warm – as dit te warm is, sal die vetkoek brand voor dit deurgaar is. Skep lepelvol deeg in olie.

Diepbraai 8 –10 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier. Sit die vetkoek warm voor met vulsel van jou keuse.

Bron: Elizna Patrys Harmse – Resepte vir oud en jonk

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel