‘n Vermeende plaasaanvaller is Woensdagaand op ‘n plaas in die Hankey-gebied in die Oos-Kaap doodgeskiet.
AO Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek nou ‘n moordsaak na die liggaam van die onbekende man omstreeks 21:45 op die plaas langs die R330 ontdek is.
Volgens AO Nkohli is omstandighede rondom die moord nog nie bekend nie en duur die polisieondersoek voort.
Niemand is nog in verband met die saak in hegtenis geneem nie.
In ‘n onderhoud met Netwerk24 praat die boer, Ig Maas, oor die aanval op hom op sy plaas by Hankey. Lees die berig hier.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



