Verdagte met moord op bejaarde (79) op Mosselbaai verbind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Lasbrief vir die inhegtenisname van Clement Siabata Kholoane is deur die landdroshof op Mosselbaai uitgereik na die moord op die 79-jarige Margaretha Willemse in Junie vanjaar.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê Willemse se 87-jarige man het die oggend van 4 Junie 2022 sy buurman se versorger ingelig van sy vrou se dood. Haar liggaam is in hulle slaapkamer, met ‘n steekwond aan haar nek, ontdek.

Die verdagte is aan die toneel verbind na die polisie glo sy vingerafdrukke op die toneel gekry het.

Die polisie het ‘n soektog na die verdagte geloods. Kapt. Pojie sê die verdagte is vermoedelik in Bloemfontein of in Lesotho.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, AO Geoffrey Moos, by 079 163 7659 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel