Skotland is eerste ter wêreld om gratis sanitêre ware te voorsien

Deel hierdie storie / Share this story

Die wet wat sanitêre ware aan enigeen beskikbaar sal stel, is reeds in 2020 eenparig deur die Skotse parlement in 2020 goedgekeur. Volgens Sophie Morris van Sky News is dit oorspronklik deur Monica Lennon van die Arbeidersparty voorgestel.

Maandag het die Period Products Act ten volle in werking getree, wat beteken dat raadslede en onderwys in Skotland gratis sanitêre produkte beskikbaar moet stel aan enigiemand wat dit nodig het.

Volgens Morris het me Lennon sedert 2016 veldtogte geloods om die “siklus van armoede” te beëindig.

“Met die lewenskoste-krisis is die Period Products Act ‘n baken vir hoop, wat wys wat kan gebeur wanneer politici saamstaan vir ‘n goeie doel vir die mense wat hul dien.”

Volgens beriggewing moet Skotland se raadslede elkeen besluit oor reëlings wat hulle gaan tref vir die voorsiening van sodanige ware, maar hulle bly wetlik verplig om aan enige persoon redelike maklike toegang tot ‘n reeks sanitêre produkte te gee.

Skotland se skole, kolleges en universiteite befonds reeds tampons, sanitêre doekies en herbruikbare produkte.

“Ons is trots om die eerste nasionale regering in die wêreld te wees wat sulke aksie neem,” het Lennon gesê.

Gratis maandstondeprodukte is reeds vanaf 2020 in skole in Engeland verskaf.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel