Polisieman noem glo vrou ‘n ‘t**f’

Deel hierdie storie / Share this story

Teneal Ismail, ‘n ma van Eersterust in Pretoria, is glo op 14 Julie deur ‘n polisieman ‘n “teef” genoem, en daarna sonder rede vir twee ure in ‘n aanhoudingsel toegesluit.

Sy het Virginia Keppler, die aktivis van Rea Thusa / Ons Help genader om haar by te staan. Sy het die gebeure soos volg geskets:

Sy en haar 10-jarige dogter was by die polisiestasie om ‘n klagte aan te meld. Tydens die aflegging van haar verklaring het ‘n vriendin en dié se twee seuns die krississentrum binnegekom, waarna sy met hulle gesels het, voordat sy teruggedraai het om haar verklaring klaar te maak.

Fotokrediet Teneal Ismail

Die polisieman het na bewering op haar geskree en glo gesê: “Hey jou t**f f@k net hier uit”, terwyl hy haar aan die arm gegryp en by die aanklagkantoor se deur uitgegooi en die veiligheidsdeur gesluit het.

Hy het glo vir haar gesê om te “Voetstek” en toe weggestap.

Teneal het vir hom gesê om nie so met haar te praat nie, en aan ‘n polisievrou gevra waar sy hom kan rapporteer. Hy het dit blykbaar gehoor, en dat sy die aangeleentheid na die media sou neem. Hy het na bewering die hek oopgesluit, Teneal na binne gesleep en haar in ‘n aanhoudingsel saam met twee verdagte mans toegesluit, terwyl haar dogter alleen in die krississentrum agtergebly het.  

‘n Polisievrou het Teneal se dogter na haar pa by die huis geneem, terwyl sy vir twee ure in die sel gesit het.

Na twee ure het die polisieman glo die sel oopgesluit en begin om ‘n saak teen haar te maak. Hy het na bewering vir haar gesê om verskoning te vra, dan sou hy die saak teen haar los. Sy het geweier, waarna hy glo met die saak aangegaan het, halfpad gestop en haar toe deur die agterkant van die polisiestasie na buite laat gaan het, terwyl hy vir haar gesê het om nooit weer haar gesig by die polisiestasie te wys nie.

Volgens Virginia Keppler is Teneal geskok en is nou bang vir die polisie.

Die aangeleentheid is aan die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat gerapporteer (Opod), en sy wag steeds vir haar verwysingsnommer van hulle af.

“Hierdie gee haar nie veel hoop dat haar saak aandag sal kry nie,” sê Keppler.

“Ek het nooit in my wildste drome gedink dat ‘n polisieman by ‘n polisiestasie my sou aanrand nie.”

Volgens Teneal het sy vir hulp aangeklop, maar bied die Eersterust-kliniek nie traumaberading of sielkundige behandeling nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel