‘n Man is aangestel as Skotland se eerste “maandstonde waardigheidsoffisier“ (period dignity officer), ‘n aanstelling wat woede en kritiek ontlok het, met baie wat sê dit is belaglik.
Jason Grant is aangestel as ‘n period dignity officer in die Tay-distrik nadat Skotland die eerste land is wat ‘n wet oor gratis menstruasieprodukte ingestel het.
Sy aanstelling het woede ontlok omdat almal glo ‘n vrou moes eerder die werk gekry het. Verskeie vroue het op sosiale media gesê hoe belaglik dit is dat ‘n man nou vir vrouens wil verduidelik dat menustruasie en menopouse “normaal” is en deel van hulle “alledaagse lewe”.
Grant het glo gesê die feit dat hy ‘n man is, sal help om die “stigma” te verwyder en dat menstruasie ‘n impak op almal het, selfs al beïnvloed dit eintlik net vrouens direk.
Bronne: Euro News, Daily Mail
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



