Die Suid-Afrikaanse weerdiens het waarskuwings uitgereik oor gevaarlike winde, reën en vreemd genoeg brandgevaar in verskillende dele van die land.
‘n Geel vlak 2-waarskuwing vir gevaarlike winde is uitgereik tussen Kaap Columbine en Plettenbergbaai.
Daar is ook ‘n geel vlak 2-waarskuwing vir reën en moontlike vloede in Kaapstad, die westelike dele van die Kaapse Wynlande en Overberg-distrikte, asook die Swartland-munisipaliteit.
Waarskuwings vir brandgevaar is uitgereik vir die Noord-Wes, dele van Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en dele van die Vrystaat.
Bronne: IOL, The Citizen, News24
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Hond kry aappokke, WHO waarsku



