Afrigter gee hond alkohol in om wedren te wen

Deel hierdie storie / Share this story

’n Windhondafrigter is aangekla nadat hy na bewering sy hond alkohol gegee het voordat hy verlede jaar ’n weddenskap van AU$4 000 op ‘n wedren in Nieu-Suid-Wallis geplaas het.

Die Australiese afrigter, Augustus Leslie Weekes (63), is verlede maand in hegtenis geneem en word deur vier aanklagte in die gesig gestaar, onder meer die geknoei met inligting om op ‘n byeenkoms te wed.

Volgens The Sydney Morning Herald het Weekes Donderdag vlugtig in die hof verskyn en skuld op al vier aanklagte ontken.

Die saak is tot 24 November uitgestel.

Weekes het na die hofverskyning gesê hy behandel diere op dieselfde wyse as wat hy mense behandel.

 Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel