Marina Balmasheva, ‘n gewilde beïnvloeder (influencer) oor gewigsverlies, het onthul sy is swanger met haar tweede kind.
Dit klink nie merkwaardig nie, behalwe vir die feit dat hierdie haar tweede kind is by haar voormalige stiefseun en nou haar nuwe man.
Marina (37) en haar man Vladimir Shayyrin (23) was by mekaar toe sy nog getroud was met Vladimir se pa, Alexy Shavyrin. Sy en Alexy het geskei toe hy uitgevind het van sy vrou se verhouding met sy seun.
Marina het Alexy gelos om alleen na hulle vyf aangenome kinders te kyk.
Marina het op Instagram gedeel dat sy swanger is met haar en Vladimir se tweede kind. Sy het glo gesê die kind is op haar en Vladimir se huweliksnag verwek.
Bronne: IOL, Lad Bible, Elite Readers
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Nuutste TikTok-neiging ‘quiet quitting’ rebelleer teen korporatiewe kultuur



