Die aktrise Je-ani Swiegelaar vier hierdie jaar haar tiende jaar by die gewilde sepie Binnelanders.
Swiegelaar, wat in Namibië gebore is, het haar eerste verskyning in September 2022 as die verpleegster Naomi Ferreira in die kykNET-sepie gemaak.
Sy het in 2004 in Pretoria gematrikuleer, waarna sy drama aan die Universiteit van Pretoria gestudeer het.
Swiegelaar was ook al by teateropvoerings betrokke, wat produksies soos Die hekse (met regie deur Pieter Bosch Botha), Boys in the Backroom (Grahamstad-produksie) en Floozi (‘n musiekblyspel onder regie van Pieter Human) insluit.
Sy was ook al te sien in ‘n gashoofrol op die kykNET-sepie Villa Rosa asook in kykNET se Getroud Met Rugby 4, waarin sy die karakter van Marietjie vertolk.
Haar eerste verskyning in Binnelanders was op 7 September 2012.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



