Ma (72) van vermoorde aktrise se moord aangekla

Deel hierdie storie / Share this story

Die vermoorde aktrise, Ashrika Seeripat (42), se huishulp is oorspronklik van haar moord aangekla nadat haar liggaam in die gesin se huis in Umzinto Kadville Heights gevind is ná wat na ‘n rooftog gelyk het.

Seeripat was bekend vir haar rol in die fliek Broken Promises 2.

Die 53-jarige Bongi Mbili het destyds aan die polisie gesê ‘n groep mans het hulle met ‘n vuurwapen aangehou en geld geëis.

Kort ná die voorval het die polisie Mbili in hegtenis geneem.

Sy het in die Umzinto-landdroshof verskyn waar sy aanvanklik om borgtog sou aansoek doen, maar het toe van plan verander.

‘n Groot wending in die saak is deur IOL onthul toe Ashrika se 72-jarige ma, Devika, in hegtenis geneem is en aangekla is van sameswering om moord te pleeg.

Devika het verlede week in dieselfde hof as Mbili verskyn en is later op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Net ‘n dag ná Devika se inhegtenisneming het die polisie die gesin se tuinier, die 42-jarige Madodandina Mkula, in hegtenis geneem.

Hy is ook van haar moord aangekla. Mkula sal later vandeesmaand in die hof verskyn wanneer hy vir borg sal aansoek doen.

Die aktrise en haar ma het alleen in ‘n huis gewoon.

In ‘n verklaring deur polisiewoordvoerder lt.kol Nqobile Gwala ondersoek die polisie ‘n saak van moord en sameswering om moord te pleeg.

 Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel