Die Aarbei-musiekfees vind op 2-3 September vind by Heartland Equestrian op Brits plaas.
Besoek gerus hul Facebook-blad – Aarbeifees Musiekfees – vir meer besonderhede.
Daar sal tonne vars aarbeie te koop aangebied word, met aarbei-nageregte soos gevulde aarbeie, sjokolade-aarbeie, aarbeikaastert, donuts, cupcakes, smoothies, konfyt en vele meer.
Voeg hierby ‘n perdeskou, 180 stalletjies, biertuin, gratis springkastele vir kinders en ‘n musiekfees ten bate van liefdadigheid met sangers soos Ivan Roux, Rooksein, Juan Boucher, Bernice West, Juanita en Kaalvoetkinders, Martin Bester en vele meer.
Gaan kyk gerus vir onderskeie pryse op 250 gram, 4 kg, 5 kg bokse aarbeie en aarbeikonfyt op hul Facebook-blad.
Toegangsgeld geld slegs vir hoërskoolleerlinge en volwassenes.
Onthou jou kampstoel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



