Vyfde verdagte in Hillary Gardee-saak vry sonder hofverskyning

Deel hierdie storie / Share this story

Die vyfde verdagte in die Hillary Gardee-saak is voorwaardelik vrygelaat sonder dat hy in die Nelspruit-landdroshof verskyn het soos verwag is.

Die man is gearresteer nadat die polisie hom verbind het met Hillary Gardee se selfoon en skootrekenaar. Hy sou Woensdag in die hof verskyn het.

Die NPA het besluit om vir eers nie voort te gaan met die saak teen die verdagte nie. ‘n Verklaring van ‘n kundige moet eers deur die polisie verkry word.

Bronne: IOL, eNCA

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Vyfde verdagte in Hillary Gardee-moordsaak in hof