Hier is ‘n heerlike en maklike resep vir brownies!
Bestanddele:
200 g (200 ml) botter
300 g (375 ml) suiker
100 g (180 ml) koekmeel
75 ml kakao
20 ml vanieljegeursel
3 ekstragroot eiers, liggies geklits
100 g donkersjokolade, grof gekap
50-75 g haselneute, gekap
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak of bakplaat van ongeveer 16 x 25 x 3 cm met botter.
**Die grootte van die bak is belangrik vir die regte baktyd en die beste resultaat.
2. Smelt die botter en suiker oor lae tot matige hitte in ’n kastrol en roer deurentyd tot die suiker gesmelt is.
3. Verwyder die kastrol van die plaat. Sif die droë bestanddele saam en roer met die vanieljegeursel by die bottermengsel in die kastrol in.
4. Meng deeglik.
5. Roer die eiers bietjie vir bietjie by en roer deeglik na elke byvoeging.
6. As die mengsel te warm is en die eier laat stol, moet dit eers effens afkoel.
7. Roer die sjokolade en neute deur en skep die deeg in die gesmeerde bak.
8. Bak 25-30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
**Toets op meer as een plek, ingeval jy dalk gesmelte sjokolade raaksteek, wat die stokkie nat laat lyk.
9. Druk ook liggies in die middel op die gebak – as dit net gestol is, is dit gereed.
**Dit stol verder soos dit afkoel.
10. Bak nog 5 minute indien nodig. Moenie te lank bak nie, anders word dit droog en hard.
**Sny in blokkies en sit warm of teen kamertemperatuur voor.
Bron: Die Poeding Klub
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



